Claremont, Kaapstad

Claremont
Voorstad
Uitsig oor Claremont
Uitsig oor Claremont
Claremont is in Cape Town
Claremont
Claremont
Koördinate: 33°58′50″S 18°27′55″O / 33.98056°S 18.46528°O / -33.98056; 18.46528
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Metropolitaanse MunisipaliteitKaapstad
Oppervlak
 • Totaal5,21 km2 (2,01 vk. myl)
Hoogte
38 m (125 ft)
Bevolking
 • Totaal17 198[1]
 • Digtheid3 300/km2 (8 500/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
7708
Skakelkodes021
Webwerfclaremontcentral.co.za

Claremont is 'n gesogte suidelike voorstad van Kaapstad en word onder meer begrens deur Rondebosch, Nuweland en Kenilworth.

Van die grootste aantreklikhede is die winkelsentrum Cavendish Square in die sakekern, wat as desentralisasiepunt vir die middestad dien. Hier is 'n lieflike openbare tuin, Arderne-tuin, wat eens op 'n tyd deel was van die landgoed genaamd The Hill. Dit is in 1840 aangekoop deur 'n Engelse immigrant, Ralph Arderne. Hy het een van die voortreflikste versamelings bome op die Afrika-vasteland hier aangeplant, waarvan die meeste uitheems is.

Claremont was die tuiste van die 19de-eeuse astronoom, sir John Herschel, na wie die bekende privaatmeisieskool Herschel-skool genoem is.

  1. Subplek Claremont Sensus 2011

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy